Simonsig onthul bekroonde Bordeaux-versnit se jongste oesjaar

Die bekendstelling van die jongste oesjaar van die Simonsig-landgoed se vlagskipwyn, die Simonsig Tiara 2011, beklemtoon die meriete daarvan om ’n versnit van hierdie gehalte toe te laat om behoorlike vat- en bottelveroudering te ondergaan voordat dit aan die publiek bekend gestel word.

“’n Wagperiode van vier jaar tussen die oes en bekendstelling van ’n wyn blyk deesdae ’n rare verskynsel op die Suid-Afrikaanse wyntoneel te wees,” sê Johan Malan, Simonsig se keldermeester. “Gegewe die reputasie van die Tiara en sy komplekse struktuur, sal ons egter nooit toelaat dat die wyn die kelder verlaat voor dit die karakter toon wat dit ’n uitmuntende Stellenbosse Bordeaux-versnit gemaak het nie.”

lees meer

[Category: Nuus/News] [Link to media]


more on planeetwyn.co.za