’n Unieke sauvignon blanc uit die Durbanville-wynvallei

Sauvignon blanc is een van die gewildste witwyne in Suid-Afrika en die Durbanville-wynvallei net buite Kaapstad het sinoniem geword met hierdie wit kultivar, enersyds omdat van ons land se beste sauvignon blancs hiervandaan kom en andersyds omdat die produsente in hierdie natuurskone vallei elke jaar in September ’n groot “brag” hou met die naam Seisoen van Sauvignon.

Omdat mens mos maar maklik op jou louere rus as die wind van agter kom, en omdat innovasie in die wynbedryf belangrik is, het die twaalf wynprodusente van die Durbanville-wynvallei besluit om vanjaar iets heel unieks aan te pak. Hulle gaan gesamentlik ’n sauvignon blanc maak!

lees meer


more on planeetwyn.co.za