Kleine Zalze se ‘Midas-aanraking’ strek tot by sy eerste Cap Classique!

’n Nuwe era het vir Kleine Zalze aangebreek! Hierdie bekroonde Stellenbosse wynlandgoed het pas sy heel eerste Méthode Cap Classique bekend gestel en sodoende sy gewilde reeks uitmuntende wyne ’n verdere hupstoot gegee.

Die Kleine Zalze Méthode Cap Classique Vintage Brut 2010 is ’n sjampanje in die klassieke styl wat van die beste chardonnay- en pinot noir-druiwe uit versigtig uitgesoekte wingerdblokke gemaak is. Hierdie volronde sjampanje is intens en ryk en laat fyn borrels van elegansie en balans op die tong dans.

lees meer


more on ledomduvin.com