Korrels van die Kromhout

Hermanus FynArts is terug en groter as ooit!! 

Vanaf 06 tot 16 Junie 2014 word Hermanus omskep in ‘n kuns, musiek en toneelstuk liefhebber se droom!!

Hermanuspietersfontein is trots om deel te wees van hierdie fees en bied 3 funksies aan.

‘n Voordragprogram deur Wilna Snyman, Sandra Kotze en Adriaan van Niekerk.

Ons is baie opgewonde om twee grand dames van die Afrikaanse teater op ons verhogie in die vatkelder aan te bied …‘n Aand van gedigte, stories en sang. Letterkunde en die landskap,  wingerstompe, druiwe en sopies wyn.

Die deurwerkte Afrikaanse letterkunde belowe ‘n besondere aand van vreugde … en naverdriet. Humor en erns. Lag met ‘n traan in die oog. Vergete moppies. Ou gunstelinge en onbekende werke om almal te betower.

 

Datum: Donderdag 12 Junie 2014 en Vrydag 13 Junie 2014

Tyd: 19:00                     

Besprekings: Anika de Goede – This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Kaartjies: R 200 sluit ‘n driegangmaal saam met ‘n komplimentêre glasie wyn in

Plek: Kelder, Hermanuspietersfontein

* Slegs 30 kaartjies per aand

 


more on hpf1855.co.za