Goue tweekuns vir Tim James in Du Toitskloof se Wynskrywerskompetisie

Maak dit ‘n dubbel! Tim James, bekende Suid-Afrikaanse wynskrywer en mederedakteur van die Platter-wyngids, het sy prestasie van verlede jaar herhaal toe hy aangewys is as die wenner van vanjaar se Du Toitskloof Suid-Afrikaanse Wynskrywerstoekenning. Dié kompetisie word jaarliks in samewerking met Standard Bank aangebied.
Ter aansluiting by Kaapstad se status as Wêreld-ontwerphoofstad vir 2014, moes deelnemers oorspronklike, ongepubliseerde artikels van 1 500 tot 2 000 woorde vir die kompetisie voorlê wat die rol bespreek wat die plaaslike wynkultuur in die waardes en estetika van ontwerp speel. 
lees meer


more on planeetwyn.co.za