Razvan Macici beweeg van Nederburg na Distell

Ná 15 oesjare waartydens hy Nederburg se reputasie as een van die beste wynmakerye in Suid-Afrika herbevestig het, gaan Razvan Macici nou ’n nuwe pos beklee. Hy is as Distell se hoofwynmaker aangestel. Dit is ’n nuwe pos wat behels dat hy oor die styl en gehalte van die maatskappy se hele wynportefeulje toesig gaan hou.

Macici gaan ook stukrag aan vernuwing gee, en die saamtrekpunt wees vir die uitwisseling van spesialis-wynkennis. Boonop sal hy as die maatskappy se reisende wynambassadeur optree, en met resensente, beïnvloeders en die handel in belangrike markte skakel.

lees meer

[Category: Nuus/News] [Link to media]


more on planeetwyn.co.za