Vat jou tong op ’n sensoriese reis op Gabriëlskloof

Gabriëlskloof, ’n vooruitstrewende wyn- en olyfplaas in die Overberg, bied nou “proesels van pure plesier” met sy Kos-en-Wynpasmaats-spyskaart wat ‘n liplekker keurspel van mini-fynproewerhappies met sy landgoedwyne paar.

Hierdie smul-ervaring vind plaas in die stylvolle proekamer buite Botrivier en is perfek vir ’n vinnige besigheidsafspraak, ‘n daguitstappie saam met vriende of familie, ’n sensoriese kuier in die platteland of wanneer die honger knaag en jou gemoed ‘n goedvoel-hupstoot smag. Dié happies verander elke seisoen van baadjie om gereeld nuwe, innoverende smake op te dis wat die beste uit Gabriëlskloof se kosvriendelike wyne na navore bring.

lees meer

[Category: Nuus/News] [Link to media]


more on planeetwyn.co.za