Boplaas aangewys as SA se best Port by RECM wyn proe

Boplaas Familie Wingerde in Calitzdorp se Cape Tawny Vintners Reserve Port is aangewys as die beste SA Port by die Neil Pendock RECM proe.

Die port het verskeie toekennings geeven onder andere 5 ster by Platter en ‘n dubbelgoud by Veritas.

Boplaas het ‘n verdere 2 wyne in die Top 6 gehad met die Boplaas Cape Tawny N/V en die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2010. Boplaas Muscadel 2014 is ook aangewys as die beste waarde gefortifiseerde wyn met ‘n waarde van R 108 en dit verkoop vir slegs R 52 op die plaas.

Boplaas het ook vroeër uitstekend gevaar by RECM proe met sy Portuguese tafelwyn onder andere die Boplaas Touriga Nacional Reserve wat ‘n derde plek verower het in die Top 6. Die Boplaas Gamka 2012 het ook in die Top 6 versnitte gekom en het ook dubbelgoud by Michelangelo gekry.