Old Mutual-wyntrofee ’n hoogtepunt vir Orange River Cellars

Dit is nie meer nuwe nuus as Orange River Cellars, die leidende wynkelder in die Noord-Kaap, met sy heerlike muskadel-wyne presteer nie, maar vanjaar het dié suksesstorie werklik ’n nuwe hoogte bereik. Op die onlangse Old Mutual Trofee-wynskou, naas Veritas Suid-Afrika se invloedrykste wynkompetisie, het Orange River Cellars se Rooi Muskadel 2012 die Trofee vir die Beste Gefortifiseerde Rooi Muskaat gewen.

Hierdie prestasie volg kort op die hakke van die Muskadel-Assosiasie se jaarlikse kompetisie waar die kelder se 2013- Wit Muskadel weer eens met ’n goue medalje beloon is.

lees meer


more on planeetwyn.co.za