Lammetjies en Rammetjies

Die dae toe kinders gesien maar nie gehoor mag word is verby!

Ons jaart is ‘n lekker veilige plek waar kinders Saterdag-soggens in die water speel terwyl die ou mense sit en klets. Ons gaan nie eers probeer om ‘n miniatuur master chefs speletjie te begin nie. Te veel stress op klein skouertjies – òns idee van ernstig wees is vir die laaities om hul jong dae te geniet.

Lammetjies en Rammetjies is ons “kiddies corner” waar die kleingoed hulself skeppend en plesierig gate-uit kan geniet! Van koekies bak en brou èn verkoop tot hul eie lemonade tafel, liggaamsoefening en wat nie alles nie.

Die klein entrepreneurtjies is welkom om hul gebak en sweeties aan honger mammies en pappies te verkoop vir ‘n sakgeldjie, maar daar’s ‘n voorwaarde: 10% van hul inkomste gaan na ons Sondagskool Fonds, gevestig om die plaaskinders in die Sondagskloof area toe te rus om makliker te leer lees en skryf. Alles deel van ‘n groter in-kleur-prentjie.

Hou die HPF Mailbag en ons website dop vir Lammetjies en Rammetjies aktiwiteite en onthou, goeie idees is altyd welkom. Dis lekker by die see, baie koek en min tee!

PS: Moenie worrie nie Ma, ons verskaf die deeg, rollers, koekie cutters, panne en oond. 

 


more on hpf1855.co.za